Kontak ons by | Contact us at nalize.boshoff@gmail.com

Lynette Breed

Lynette Breed

Zoom klasse

Graad 10 – Matriek (Zoom klasse)

Vir die afgelope 9 jaar studeer en beoefen ek Argitektuur, sing in verskeie kore en tutor deurentyd Wiskunde. Ek het nog altyd gedink somme doen is lekkerder as wat meeste ander mense doen – seker omdat my ma ons op seevakansies tafels laat oefen het toe ons klein was!

Ek glo vas dat Wiskunde meer met karakterbou en probleem-oplossingsvaardighede aanleer te make het, as bloot punte uit ‘n honderd – ‘n kind wat alles insit en hard leer om 60% te kry, baat baie meer by die vak as een wat sonder moeite 90% kry. Saam kan ons jou Wiskundevaardighede (en alles wat daarmee gepaard gaan) bou en ontwikkel!