Ons Wenresep
By TjommE met SommE glo ons dat elke kind wat ons teëkom se behoeftes effektief aangespreek moet word. Ons wenresep word toegeskryf aan die kwaliteit van ons onderrig en die passie van ons span. Daarmee saam is die program gepas vir enige kind en bied ons individuele lesse sowel as kleingroepe met ‘n maksimum van 10 TjommE aan.
Ons Passie
By TjommE met SommE is ons van mening dat elke kind KAN; elke kind het die potensiaal om ‘n gemakliker greep op Wiskunde te kry. Nie elkeen kan 80% kry nie, maar elkeen kan beter verstaan as wat hy tans doen. En iemand wat 80% kry het weer die potensiaal om na 90% te strewe.
Ons Tutors
Ons streef daarna om Wiskunde vir elke kind te ontsluit – hul passie aan te wakker en die vak prakties, kreatief en verstaanbaar te maak sodat hulle dit wil doen eerder as moet doen. Ekstra klasse word aangebied deur ons bekwame tutors, elkeen opgelei om ‘n verskil te maak.
Hoe werk dit?
Ons fokus daarop dat elke leerder eers verstaan en daarna herhaal. Vir die aanvanklike begrip maak ons gebruik van eenvoudige konkrete hulpmiddele – die kind moet die essensie verstaan. Die vraag wat hy vir homself moet kan beantwoord is: Wat is die belangrikste om oor hierdie konsep te weet? Hoe gaan dit in die eksamen gevra word? Ons som dit vir hom op “in ‘n neutedop”. Eers nadat hy verstaan, begin ons herhaal.
Ons maak dikwels gebruik van lekker speletjies wat die “angel” uit die vak haal. Die kinders geniet hulle gate uit en kom nie agter hulle is eintlik besig om te leer (en te herhaal) nie. Nadat ons seker is die kind snap die essensie, doen ons oefeninge om dit in te skerp. Hulle het die geleentheid om dadelik te vra as hulle vashaak en ook om ‘n insig te deel waarby die res dan ook baat. Hier is nie sprake van self sukkel nie. Dit is ‘n kwessie van saam te ontdek en al beter te verstaan (NADAT die kern reeds vir hulle opgesom en verduidelik is).
Die klasatmosfeer is ontspanne en die leerders ontwikkel die vrymoedigheid om te vra as hulle nie verstaan nie, of te sê as hulle verskil.
Ons doelwit is dat die leerder so opgewonde sal raak as hy agterkom dat hy verstaan, dat hy self meer sal wil weet en mettertyd selfwerksaam raak. Want Wiskunde IS ongelukkig ‘n kwessie van herhaling. Wiskunde MOET geoefen word (dus ja – ‘n mens moet leer vir Wiskunde).
Ons Benadering
Ons differensieer tussen 3 verskillende groepe op grond van potensiaal:
Wat maak ons anders
Ons sukses word daaraan toegeskryf dat ons ‘n unieke benadering het
om ‘n verskil te maak met elke les.