Kontak ons by | Contact us at nalize.boshoff@gmail.com

Chrisna Kotze

Chrisna Kotze

Lynnmen

Hoërskole: AFFIES: AHS, AHM

Graad 8 – Matriek

My pad met TjommE met SommE het in 2016 as TUTOR begin. Min het ek toe geweet watter groot impak dit op my lewe sou he. Vandag is ek die franchisee vir TjommE met SommE Lynnmensenior en ek gee elke dag klas.

Ek het my meestersgraad in Bcom ekonomie aan die Universiteit van Pta verwerf. Wiskunde en Ekonomie is die 2 passies in my lewe en ek is bevoorreg om dit daagliks met leerders en studente te mag deel.  Ek gee meestal klas vir Hoerskool Tjomme; ek geniet dit om dit vir hulle verstaanbaar te maak, om hulle selfvertroue te sien ontwikkel  en om hulle selfs lief te maak vir somme. Dit is veral lekker om te weet wat ek doen, help hulle om groter deure oop te stoot wat drome waar kan maak. Wat ek elke dag doen, is bevredigend en maak sin.

Dit is vir TjommE met SommE ‘n groot voorreg om iemand met Chrisna se entoesiasme; werksywer; vakkennis en werksetiek in ons span te he. Hierdie mens sukkel nie om haar moue op te rol en te doen wat dit vat om DIE verskil te maak nie. Sy loop ‘n netjiese pad met elke kind en sy gee haar alles om ‘n positiewe impak op hulle lewens te maak. Dankie Chrisna!!  – Nalize Boshoff, programontwikkelaar