Kontak ons by | Contact us at nalize.boshoff@gmail.com

FRANCHISEES

‘n Heerlike besigheidsgeleentheid vir oud-onderwysers wat lus is vir die “poeding” van skoolhou.

TjommE met SommE bied jou die geleentheid wat jou nooit sal verveel nie, jou “skills” op die proef gestel gaan word, waar afwisseling deel van die lekker van die uitdaging is en waar jy jouself as onderwyser met nuwe passie kan voel deel word van iets wat reeds werk.

Die TjommE met SommE naam bied:

  • Jou eie besigheid met die sekuriteit van ‘n besigheidsnaam wat reeds bewys is, sodat jy uit die staanspoor vlerke het om mee te vlieg.
  • Opleiding en ondersteuning van ‘n groot span met baie ervaring en ‘n kultuur van omgee en saamwerk.
  • Werkkaarte, hulpmiddele en duidelike riglyne oor hoe om op die TjommE-manier klas te gee en jou besigheid te bestuur.
  • ‘n Geleentheid om skool te hou sonder die rompslomp eie aan ‘n skoolopset (ons het wel ons eie admin-las, wees gewaarsku).
  • Die geleentheid om te kies hoe hard jy wil werk en waar jy jou klem wil laat val.

Kriteria vir die TjommE-span:

  • Jy moet LIEF wees vir die kinders en die vak KEN.
  • Dit moet jou roeping wees om ‘n sinvolle bydra te lewer en jy moet die paneel kan oortuig daarvan dat jy ons passie vir hierdie spesifieke besigheid deel.
  • Die besigheid gaan van jou verwag om mense fyn en netjies te kan bestuur (ouers, skoolhoofde, onderwysers en leerders).
  • Admin en finansiële bestuur gaan jou handig te pas kom (of jy moet iemand aanstel om hierdie afdeling van jou besigheid te hanteer).
  • Jy moet dit kan bekostig. Ons is nie ‘n bank nie. Diegene wat belangstel reël hulle eie finansiering en die besigheid word kontant gekoop.
  • Kan jy TjommE met SommE deeltyds bedryf? Daar is voltydse onderwysers wat dit tans so doen. Dit is egter nie die ideaal nie. Hoeveel ure is daar in jou dag?

Die Fynskrif

  • Ons is nie ‘n manier om vinnig geld te maak met min inset nie.
  • Die genoegsame inkomste wat jy uit hierdie besigheid kan genereer is ‘n besliste realiteit, maar nie DIE realiteit nie.
  • Tutors kan ook namens jou iets verdien maar onthou – elke mens wat vir jou werk, eis sy pond van jou inset.