Kontak ons by | Contact us at nalize.boshoff@gmail.com

Susan Haasbroek

Susan Haasbroek

Die Moot Jnr

Voorskool – Graad 3

Daar is ‘n nuwe Tjom in die MOOT, en sy hou van somme…

Ek is ñ plaaskind van Colesberg (die Karoodorp wat almal ken as die middelpunt van SA). Ek het in Potchefstroom onderwys studeer waar ek ook my trouman ontmoet het. Ons woon en werk tans albei in Pretoria. Ek het vanaf 2020 begin skoolgee, hoofsaaklik vir graad 1 en 2.

Ek het besef dat kinders nie voldoende onderrig in wiskunde tydens skoolure ontvang nie, en dat daar ñ behoefte is vir wiskunde ekstra-klasse.

My eerste ontmoeting met ñ TjommE met SommE onderwyseres, was vir my ñ riem onder die hart en het my dadelik inspireer om in haar voetspore te volg.

Dit is my passie om met kinders te werk. Hulle is elkeen uniek, en ek sien uit daarna om die liefde vir wiskunde in hulle wakker te maak.