Lichtenburg
Ek is Magdeleen Visagie en woon in Lichtenburg, Noord-Wes. Ek het my B Ed. Grondslagfase graad by die Universiteit van die Vrystaat voltooi. Onderwys is n passie, maar veel eerder n roeping. Die Here het so duidelik in my matriekjaar vir my gewys dat ek ‘n onderwyseres moet word.
Ek glo elke kind het die potensiaal om hulle drome waar te maak. Selfs op skoolvlak al glo ek elkeen kan ‘n sukses van sy akademie maak. Dit kort net die regte resep. Iets wat liefde, geduld, motivering en harde werk insluit. Wie beter as n Juffrou sal hiermee kan help?
In my hart weet ek elke kind kan groot maats met Wiskunde raak. Ons as onderwysers moet net agter elke kind se manier van dink kan “inklim” om te verseker dat ons Wiskunde op die regte manier vir elkeen verduidelik.
Toe TjommE met SommE oor my pad kom, het ek geweet hierdie is die geleentheid om elke outjie se ware potensiaal te ontdek. So ook elkeen te help om Wiskunde pret te maak en ten einde sommer baie goed daarin te wees. Ek glo in elke kind wat oor my pad kom en daarom wil ek n verskil maak in elkeen se lewe.
TjommE met SommE is verseker die antwoord!