Die ideaal is om presies in sinkronisasie met die skool se sillabus te werk.
CAPS-vriendelik
Ons dek feitlik alle konsepte in die skoolsillabus. Ons sien die leerders egter net een keer per week en het die keuse gemaak om dit wat ons doen, DEEGLIK te doen eerder as om alles in die program in te forseer.
Ons beroem ons daarop dat ons leerders sekere konsepte ongelooflik goed bemeester. Terugvoer bevestig vir ons dat ‘n kind wat deur ons hande is tot en met graad 7 bv. BREUKE en DESIMALE GETALLE deeglik onder die knie het.
Ons TjommE is gemaklik met VIERKANTS- en KUBIEKEgetalle; hulle kan mooi onderskei tussen FAKTORE en VEELVOUDE; PRIEMgetalle en SAAMGESTELDE getalle; hulle kan faktoriseer, vereenvoudig en vergelykings doen; hulle sukkel nie met trig nie ensovoorts.
Ons TjommE VERSTAAN wat hulle doen en hulle kan hulself WISKUNDIG korrek VERWOORD. Hulle geniet die klasse en voel vry om te WAAG in die klein homogene groepies. Hulle leer elke keer IETS.
Soms is daar uitdagings
Maar dis nie onoorkomelik nie. Nie al die skole is in sinkronisasie met mekaar nie. As sommige skole byvoorbeeld besig is met “TYD” in graad 4, is ander besig met “METING”, party skole se graad 7’s doen “VERGELYKINGS” in die begin van die jaar terwyl ander skole s’n dit eers in die 3de kwartaal aandurf. Sommige verkies om “GETALPATRONE” saam met “FAKTORE en VEELVOUDE” te doen terwyl ander dit aan die einde van die 3de kwartaal eers doen omdat hulle die leerders ook wil voorberei om algebraïese formules na aanleiding daarvan op te stel.
Ons moet dus ons eie volgorde bepaal. Ons werk so gesinkroniseerd as moontlik met die volgorde wat die oorgrote meerderheid skole volg.