Midstream Plus
Graad 4 – Matriek
Ek en my vrou is opgelei onderskeidelik as Siviele Ingenieur en as Veearts, beide aan die Universiteit van Pretoria. Ek het verder `n honeursgraad voltooi in ingenieurswese.
Ons beide het `n passie vir kwaliteitonderrig, veral in die veld van Wiskunde en Wetenskap, asook vir besigheid: dus die rede hoekom ons aansluit by Nalize en haar TjommE-span. Daar is tekort aan goeie onderrig in die veld van Wiskunde en ons sien uit daarna om `n bydrae te kan lewer in leerders se lewens en om `n liefde en selfvertroue by hulle te ontwikkel vir Somme!
Ons voel dat `n sterk fondasie in Wiskunde `n leerder soveel meer potensiaal/opsies kan bied in terme van hulle beroepskeuses sowel as in hulle toekomstige beroepe, ongeag die studierigting wat hulle sal volg. Wiskunde is die basis van soveel studierigtings en soos die bekende Galileo Galilei sê:
“If I were again beginning my studies, I would follow the advice of Plato and start with mathematics”.
Wiskunde maak deure oop! Ons wil help om by die handvatsel uit te kom.
Conrad en Leandri is vir TjommE met Somme deur Jeane , ‘n vorige baie knap Lisensiehouer (ook ‘n ingenieur en uitstekende tutor vir alle ouderdomme) leer ken.
Hulle het my van die ontmoetslag af verskriklkik beïndruk. Conrad en Leandri is soos wat my kinders sou sê : LEKKER MENSE. Hulle is intelligent; deel TjommE met SommE se passie en wil graag ‘n verskil maak. As ek my kind aan hulle moes toevertrou, sou ek dit met VET vrymoedigheid doen. Welkom in die wenspan julle 2. – Nalize Boshoff, programontwikkelaar