Kontak ons by | Contact us at nalize.boshoff@gmail.com

Marion Reynolds

Marion Reynolds

Aanlyn

Aanlyn

Wiskunde was nog altyd vir my iets spesiaals. Dis nie net somme en formules nie – dis ‘n manier om te leer hoe om slim te dink en dinge maklik uit te figure. Wat ek die meeste geniet, is wanneer ‘n kind daai “aha moment” kry en skielik besef: “Hey, ek het dit nou!” Daai selfvertroue wat opbou, is vir my onbeskryflik mooi.

By TjommE met SommE Aanlyn hou ek daarvan om Wiskunde prakties en eenvoudig te verduidelik. Elke kind leer anders en ek pas aan sodat hulle gemaklik voel en die Wiskunde nie meer scary lyk nie. Ek wil hê hulle moet elke les afsluit en voel: “Wow, ek kan hierdie doen!”

Aanlyn Wiskundelesse bied verskeie voordele. Ons Tjomme kan gemaklik vanuit hul eie huis leer, sonder die stres en tydsverlies van rondry of verkeer. Ek sorg dat elke les duidelik, gestruktureerd en interaktief is, met hulpmiddels soos whiteboards en aanlyn werkblaaie om konsepte visueel en prakties te verduidelik. Daar is ook meer buigsaamheid – julle kies ’n tyd wat by julle skedule pas, en ek pas aan. Aanlyn lesse bring die kwaliteit en persoonlike aandag van TjommE met SommE reguit na julle huis toe, en maak dit maklik en toeganklik om Wiskunde selfvertroue op te bou.

 

Marion is daardie rare ingenieur wat nie net baie bright is met Wiskunde nie, maar wat ook die vermoeë het om haar kennis op ‘n gemaklike ongekompliseerde manier oor te dra. Kinders hou van haar en verstaan haar.

Sy het heelwat ervaring met matriekeindeksamen vraestelle opstel sowel as met wat verwag word met die merk van eindeksamen vraestelle. Sy is goud werd vir enige Tjom wat matriekwerk onder die knie moet kry. Haar aanlynbeskikbaarheid is baie gerieflik en sy ken haar storie. Ons is bevoorreg met haar in die TjommE Span! – Nalize Boshoff, programontwikkelaar