TjommE met SommE het ‘n ryk geskiedenis van sukses.
Ons Tjomme word begelei om elkeen se persoonlike potensiaal te ontgin.
Ons leer kinders om Wiskunde te ontdek, geniet en te verstaan.
Dit is hier waar jou kind kom leer om TjommE te maak met sy SommE!
Elke kind is uniek – daarom is ons benadering telkens uniek.
TjommE met SommE belowe ‘n tuiskoms vir elke kind,
ongeag sy potensiaal of gebrek daaraan.
Ons werk EG Suid-Afrikaans!
By Tjomme met Somme dek ons die hele spektrum, van voorskool tot matriek en onderspresteerders tot uitblinkers. Ons is CAPS gereed en werk nou saam met jou kind se juffrou of meneer. Ons werk is eg Suid-Afrikaans sodat dit nuttig en relevant is in ons eie skole. Ons programme fokus daarop om te verryk en remedieer, wat ons in staat stel om te differensieer en individue se doelwitte te bereik. Die resep van ons sukses is in ons wenspan – elkeen het ‘n passie en liefde vir die vak en kweek daardie liefde by elke kind!