Kontak ons by | Contact us at nalize.boshoff@gmail.com

Henré van Rooy

Henré van Rooy

Skole: RGB, Linden, Helpmekaar

Graad 10 – Matriek

Ek het n groot liefde vir die vak, Wiskunde. Die inhoud sowel as die wyse waarop dit oorgedra kan word fassineer my. Ek streef elke dag daarna om Wiskunde meer toeganklik te maak vir alle studente sodat hulle die vak sonder vrees en met insig ten volle kan begryp. Ek is passievol oor die vak omdat dit ‘n handige instrument is om kritiese denke en vaardighede by studente te prikkel. Die groot voordeel van ekstra Wiskunde klasse is dat dit in ‘n ontspanne atmosfeer plaasvind waar ons tyd het om konsepte te herhaal en konsolideer. Ons doen dit met ‘n groot glimlag, want Wiskunde is lekker!

Henré tutor al 8 jaar by TjommE met SommE en hy is n absolute aanwins. Die kinders geniet sy sin vir humor en vrolike aard maar veral ook sy kennis van die vak. Henré beMEESter ons mooi vak en dra dit kreatief en met n besonderse passie oor. Ek het nog nie n Tjom teëgekom wat nie mal is oor hom nie. – Nalize Boshoff, programontwikkelaar