Pretoria Tuine
Voorskool – Graad 6
Ek is eerstens ‘n vrou, mamma, diereliefhebber en iemand wat glo dat elke kind met unieke gawes en potensiaal geskape is. My grootste vreugde is om kwaliteit tyd saam met my man en ons twee kinders ons seuntjie en dogter deur te bring. Ek het ook ‘n groot liefde vir diere en die natuur, omdat dit my herinner aan die wonder van groei, geduld en nuwe geleenthede.
Ek beskik oor ‘n BEd-graad in Onderwys en het 11 jaar onderwyservaring, waartydens ek die voorreg gehad het om honderde kinders op hul leerreis te begelei. Deur die jare het ek geleer dat elke kind anders leer en dat die regte ondersteuning, aanmoediging en vertroue ‘n wêreld se verskil kan maak.
By TjommE Met SommE is my doel nie net om Wiskunde aan te bied nie, maar om kinders te help om hul selfvertroue te ontwikkel, uitdagings met moed aan te pak en te ontdek waartoe hulle werklik in staat is. Ek glo dat wanneer ‘n kind in hom- of haarself begin glo, sukses vanself volg.
My passie is om elke leerder se unieke potensiaal raak te sien, sterk fondamente te bou en leer op ‘n positiewe, praktiese en genotvolle manier aan te bied. Ek wil hê elke kind moet met ‘n glimlag by my instap en met meer selfvertroue uitstap.
Ek sien daarna uit om saam met u en u kind hierdie besondere reis van groei, ontdekking en sukses aan te pak een som, een tree en een oorwinning op ‘n slag.