Lynnmen
Laerskole: Lynnwood, Menlopark
Laerskool
Ek het in Middelburg Mpumalanga groot geword, maar is vanaf my studentejare ‘n Pretorianer. Ek het my B.Prim. Ed (Junior Primêr) graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Ek is getroud met Wessel en ons is bevoorreg om 3 kinders (Wessel, Evan en Anche) te hê.
Ek het in 2002 begin skool hou vir gr.5 (Wiskunde en Geskiedenis), 6 (Afrikaans) en 7 (Lewensvaardigheid) by Laerskool JM Louw in Boksburg-Noord. Ek was vir 22 jaar ‘n onderwyser by Laerskool Lynnwood waar ek vir gr.1’s en 2’s skool gegee het. In 2021 het ek en ‘n kollega ‘n gr.2-Wiskunde werkboek en onderwysersgids gepubliseer. Met die skryf van hierdie boek het ek weereens besef hoeveel passie ek vir Wiskunde het. In 2024 het my paaie met TjommE Lynnmen Junior se vorige eienaar (Benita Kroukamp) weer gekruis. Ek het die geleentheid gekry om hierdie wonderlike besigheid wat sy met baie liefde en passie opgebou het oor te koop.
Ek voel bevoorreg en geseën om hierdie passie van my voort te sit en met liefde voort te bou op ‘n wonderlike bestaande besigheid wat kinders se deure nie net oopsluit nie, maar werklik vergroot.
- 083 599 0722