Kontak ons by | Contact us at nalize.boshoff@gmail.com

Amanda Kotzé

Amanda Kotzé

Pretoria

Hoërskole: Waterkloof, Garsfontein, Boys High en Girls High
Laerskole: Elarduspark, Anton van Wouw, Garsfontein, Skuilkrans

Laerskool tot Matriek.

Ek is Amanda Kotzé van Pretoria. Eerstens vrou en ma van 2 volwasse dogters.

My liefde vir kinders of hulle 8 of 18 jaar oud is ken geen grense nie. Ek ‘LOVE’ hulle.

Ek het 25 jaar ondervinding in onderwys. Ek het nog altyd ‘n groot passie om elke kind wat ek teekom aan te raak en ‘n verskil te maak. Wat n beter platform noú as Tjomme.
Ek glo Goeie selfvertoue en Wiskunde sukses loop hand aan hand.
Die geleentheid wat Tjomme aan vandag se kind bied om te ontwikkel, te groei en te presteer is uitsonderlik.
Ek sien met groot verwagting uit na die pad vorentoe.
Ek glo ek het nie Tjomme gekies nie, die Here het dit vír my gekies!

 

“Dit is my en Amanda se eerste kontak met mekaar maar ek het deur ander se ervaring van haar gehoor dat sy ‘n raakvatter is. Sy het dikwels by ons Lynnwood franchise getutor en het baie vertroue ingeboesem by tjomme (leerders) en ouers. Ek is opgewonde om haar in ons TjommE span te verwelkom. Sy gaan soos n handskoen pas.” – Nalize Boshoff, programontwikkelaar