Kontak ons by | Contact us at nalize.boshoff@gmail.com

Anro Barnard

Anro Barnard

Bedfordview & Kempton Park

Ek is opgelei as ‘n Chemiese Ingenieur aan die NWU en het ‘n meestersgraad in Ingenieurswese daar verwerf. Na ongeveer vyf jaar in die petrochemiese bedryf het ek teruggekeer na my alma mater om studente te help oplei. Dit is as dosent in Ingenieurswese waar ek my passie vir opleiding ontdek het. Ek het die akademie verlaat om meer ervaring op te doen voordat ek weer sou terugkeer na die universiteit.

Om jong afgestudeerde ingenieurs te help aanpas tot die werkende wêreld het die honger vir onpleiding in my wakker gemaak en my laat besef dat intervensie nodig is voordat kinders tersiêre opleiding ontvang. Die fondasie moet sterk wees vir die kind om effektief daarop te kan bou vorentoe. My doel is om Wiskunde lewendig te maak vir kinders en om hulle te help om hul volle potensiaal te bereik. Ongeag of ‘n kind ‘n graad of ‘n ambag wil kry, sal Wiskunde hulle help om alternatiewe oplossings vir probleme te kan formuleer. Albert Einstein het immers gesê: “Ons kan nie ons probleme oplos met dieselfde denke wat ons gebruik het om dit te skep nie.”

“TjommE met SommE is baie opgewonde dat Anro deel van ons span uitmaak.

Anro voel sterk oor die praktiese toepassing van Wiskunde en WETENSKAP en gaan hom daarvoor beywer dat TjommE verstaan wat hulle leer.” – Nalize Boshoff, Programontwikkelaar