Namibië
Wiskunde Graad 1 en Graad 2
Rekeningkunde
Wat ‘n belewenis om ‘n beginselvaste Tjom soos REK te hê. Hierdie vriendskap van 28 jaar is gebalanseerd – soms neem sy en dikwels gee sy. Al haar optrede maak sin. REK is ‘n baie goeie Tjom van SommE. Met haar gebalanseerde persoonlikheid is my Tjom ‘n uitsonderlike bate. Sy is uniek in haar werkswyse en puntenerig in haar Tjomkeuse – min kandidate kies haar en dus kan sy individuele aandag en belowende toekomsprojeksies gee. Stel haar gerus, saam met Juf frouYvette, op die proef.
Vir Yvette ken ek al van universiteitsdae af. Ons was saam op TUKS, altwee in Magrietjie en saam op die HK. Sy was my Prim.
Yvette was nog altyd ‘n raakvatter en ‘n mens sonder “nonsies” of fitterjasies. Sy sê ‘n ding soos hy is en sy is ‘n doener. Sy ken haar vak en geniet dit om hom aan te bied. Ek vertrou toe oë enige leerder aan haar sorg toe. – Nalize Boshoff, Programontwikkelaar