Kontak ons by | Contact us at nalize.boshoff@gmail.com

Stienie Fourie (middel)

Stienie Fourie (middel)

Mosselbaai & Kleinbrak

Graad 4 – 7

Ek is ‘n onderwyseres met baie ervaring in laerskool, hoërskool en tersiêre onderrig. ‘n Rustige, aanvaardende leeromgewing is my doel. Dit is ‘n voorreg om deel te wees van die TjommE-span.

Omdat Tjomme fokus op die konkrete vlak van probleme deur middel van apparaat te sien, te hanteer en uit te pak, is dit maklik om ingewikkelde begrippe te verstaan en te onthou. Die leerstof dek eenvoudige en geleidelik moeiliker tot ingewikkelde begrippe en oefeninge. Die speel-speel herhaling lê kernbegrippe vas. TjommE met SommE is uitstekend saamgestel. Dit is beslis ‘n wenresep en ‘n voorreg wat elke kind moet beleef.

“Stienie is my jarelange vriendin. Ek het haar voor TjommE met SommE dikwels in aksie gesien as bekwame ‘teacher’. Sy het ‘n gawe om moeilike konsepte maklik op te som. Sy is ‘n konsensieuse onderwyseres wat haar loopbaan in die onderwys afgesluit het as onderhoof van ‘n laerskool in Makhado (Louis Trichardt).” – Nalize Boshoff, programontwikkelaar

  • 072 552 9106