Kontak ons by | Contact us at nalize.boshoff@gmail.com

Nona du Plessis

Nona du Plessis

Rustenburg

Voorskool – Matriek

Nona du Plessis is ‘n plaaskind wat grootgeword het in Westransvaal met n liefde vir die natuur, grond en mense. Haar pappa was n boer met ‘n liefde vir lees en geskiedenis, gedigte en was geseënd met uitsonderlike algemene kennis en baie slim in Wiskunde. Haar mamma was ‘n besonderse onderwyseres met ‘n liefde vir leerders en om kennis oor te dra. Sy was lief vir lees en om altyd meer kennis te bekom en te deel met ander.

Nona het saam met haar familie ‘n paar jaar in Sterkrivier en Pietersburg gewoon en het in 1976 na Rustenburg verhuis waar sy tot nou nog woon. Sy was ‘n gelukkige kind met heelwat vriende en ‘n liefdevolle familie. Sy het ‘n ouer broer met ‘n BLC BProk graad en die twee het ‘n sterk band. Aangesien hy hulle ouers se liefde vir lees geërf het, het sy graag alles soos ‘n sponsie opgesuig. Hy was soos haar eie Google in die huis nog voor Google bestaan het.

Toe haar eie kind op skool was het sy weer besef hoe belangrik kennis en ‘n goeie fondasie in al hulle vakke op skool is want dit maak dat hulle na skool goeie keuses kan maak en gelukkig kan wees in hulle loopbane.

Toe haar vriendin Nalize haar verlede jaar aan TjommE met SommE voorstel was dit soos ‘n spreekwoordelike pennie wat geval het en het sy die geleentheid met albei hande aangegryp.

“Ek gaan hierdie besigheid gebruik om my VADER te eer en elke kind wat by ons klas kry te help om vreesloos die verskil in sy/haar eie lewe te maak deur hom/haar te bemagtig met kennis.

“Wiskunde is nie ‘n vyand nie … dis jou vriend (Tjom). Ons respekteer ons vriende ons vrees hulle nie,” aldus Nona.

Met die Godgegewe span in Rustenburg glo ons dat hulle al hulle wiskunde TjommE sal bystaan en van krag tot krag sal gaan.

  • 082 741 9265