Kontak ons by | Contact us at nalize.boshoff@gmail.com

Michelle Holtzhausen

Michelle Holtzhausen

Fochville, Carletonville, Randfontein, Westonaria

Voorskool en Graad  1 tot 3

Ek is ‘n mamma van ‘n woelige en wonderlike 5jarige seuntjie.

Hoe het ek van TjommE met SommE te wete gekom? Ek het vir my skoonsus in Potch gaan kuier. Haar dogtertjie is daar in die kleuterskool. Met die intrapslag het ek teen haar mure al hierdie oulike werkkaarte van TjommE met SommE gesien. Ek was mal daaroor en het sommer die volgende dag gebel om uit te vind of daar ‘n tak in Carletonville is waar ons woon. Ongelukkig was daar nie reeds ‘n tak waar ek my seuntjie kon inskryf nie.

Nadat ek lank met Nalize gesels het, het ek besluit om self die tak oop te maak. Ons omgewing dek nou Carletonville, Fochville, Westonaria en Randfontein. Ons het binne die eerste 3 weke meer as 80 wonderlike voorskool Tjommies in Carletonville ingeskryf. My tutor, Dona Oosthuizen, is fantasties met ons kleingoed en die kinders is baie lief vir haar.

 

  • 0766994148