Kontak ons by | Contact us at nalize.boshoff@gmail.com

Maryke Fouche

Maryke Fouche

Bloemfontein

Voorskool – Graad 3

 

“Ek het Maryke leer ken as ‘n baie knap en betrokke mamma wie se oulike voorskool seuntjie by my ingeskryf was vir TjommE met SommE by ‘n voorskool in JHB.

Dit was gedurende COVID, maar sy was een van daardie mammas wat haar nie laat afskrik het nie. Sy het alles in haar vermoë gedoen om die slimkoppie van haar gestimuleer te hou. Ek het eers later gehoor Maryke was ook die graad 6 Wiskunde juffrou by Laerskool Louwtjies Geldenhuys.

Maryke is een van daardie mense wat alles met entoesiasme en oorgawe doen. Ek is so tevrede oor die verskil wat sy reeds vir kinders in Bloem maak. Sy sê sy is nie ‘n “onnie” nie maar ‘n Wiskunde blessing vir kinders. Jy kan met groot vrymoedigheid jou kind in haar bekwame hande toevertrou.” – Nalize Boshoff, programontwikkelaar