Kontak ons by | Contact us at nalize.boshoff@gmail.com

Leani Nel

Leani Nel

Polokwane

Voorskool – Graad 3

Ek is eerstens ‘n Mamma en dan ‘n kleuterskooljuffrou en ook die Hoof van ‘n klein kleuterskooltjie by my huis.

Die liefde wat ek vir kinders het, is onbeskryflik en ek kan eerlik sê hulle verryk my lewe op ‘n daaglikse basis. Daar is ‘n spreekwoord wat sê, “Once you find a job you enjoy, you will never have to work another day in your life”.

Dit is waar van my… ek is werkloos en vervuld. My werk is so lekker, dit voel glad nie soos werk nie.

Ek het ‘n passie om kinders te leer, dit is oor ‘n tydperk van ervaring met kinders versterk en bevestig:

Vir 8 jaar was ek ‘n Stimulus maksima onderwyseres/konsultant vir kinders in die Voorskool tot en met kinders in die Hoërskool.

Daarna was ek vir 3 jaar werksaam by die Kleuterskool Osieteddies in Pietersburg.

Deur my lewensreis kon ek baie leer by die hoofde en kollegas waarmee ek saamgewerk het. Hulle was dinamies en het my gemotiveer en inspireer.

Vandag weet ek, danksy hulle, hoe om ‘n kind geïnteresseerd te kry, hoe om hom inligting te laat inneem en ook hoe om hom sover te kry dat hy dit regtig sy eie maak.

Dit is ‘n groot seën om vandag my eie skooltjie te kan bedryf.  My gesin ondersteun my in alles wat ek aanpak.

Ek is nie iemand wat stilsit nie. Ek glo daaraan dat ‘n mens jouself moet toerus om al beter te word met dit wat jy doen. Ek studeer verder en doen gedurig ekstra kursusse om myself beter te bekwaam. Ek is huidig besig met ‘n kursus in Spelterapie.

Ons (ek en my gesin) het ook paaie gekruis met TjommE met SommE en het die geleentheid om betrokke te raak met albei hande aangegryp. Ons is nou die trotse eienaars van die Lisensiearea in Polokwane. Wiskunde speel ‘n baie belangrike rol in elke kind se toekoms. Ek wou baie graag deel raak van hierdie ontwikkeling.

  • 084 503 9258