Kontak ons by | Contact us at nalize.boshoff@gmail.com

Joke Venter

Joke Venter

Wonderboom, Elarduspark & Potchefstroom

Potchefstroom, Wonderboom, Elarduspark

Alliepad: 3jr oud tot in matriek!

Skole: Mooirivier; Bailey Park; Pretoria-Oos, Mayville

 

Ek het 7 jaar formele ondervinding as Wiskunde Juffrou vir Graad 8-9 en Graad 10 Wiskundige Geletterdheid. Ek is ‘n trotse mamma van 3 spogkinders om wie my wêreld draai. My passie is om ‘n Mamma en Juffrou te wees. Ek glo dat elke kind die vermoë het om te presteer en moet trots wees op sy/haar eie prestasie. Ek glo dat ek as Juffrou elke kind moet bemagtig om sy/haar eie vermoëns raak te sien en daarop te bou.

Wiskunde is my vak. Dis lekker en groot pret. Dit ontwikkel jou brein en soveel ander vaardighede. Elke kind kan Wiskunde baasraak. Ek wil vir leerders bewys dat hulle dit kan doen (en hulle moet ook so glo) en dat hulle dit sal geniet. Die mooiste en bevredigendste vir my, is nie net om in elke kind se oë te kyk as hy/sy sukses behaal en daardie gevoel van “ek het dit”, beleef nie, maar ook om te sien as daardie kind so goed en bemagtig voel, dat hy/sy hulle begin maats help.

“In my lewe het nog nooit ‘n mens teegekom met soveel lewensenergie en woema nie.

Joke sien kans vir alles; en dan doen sy dit goed.

Sy is ‘n besonderse mamma: kreatief; geduldig; liefdevol; streng en georganiseerd.

Sy is ook ‘n uitstekende onderwyseres vir enige kind: voorskool tot hoërskool. Kinders hang aan haar lippe… As hulle haar eers beleef het, skuif hulle moeilik aan na ‘n volgende graad, met ‘n nuwe juffrou, toe.

Ek dink Joke kry meer vermag in ‘n jaar as wat meeste ander mense in 3 jaar regkry. En dis altyd met ‘n glimlag en tonne aansteeklike energie.” – Nalize Boshoff, programontwikkelaar

  • 072 711 2261