Kontak ons by | Contact us at nalize.boshoff@gmail.com

Jeanne-Mari Du Randt

Jeanne-Mari Du Randt

Centurion

Voorskool – Graad 7

Ek het grootgeword in Pretoria en was nog altyd mal oor skool, ‘n regte pliggie. Vandat ek kan onthou het ek geweet ek wil ‘n onderwyseres word. In 2012 het ek my LLB graad voltooi by die Universiteit van Pretoria. Daarna het ek regskool gedoen en in 2018 is ek toegelaat as advokaat.

Ek het in 2013 besluit om my passie te volg en het my PGCE by UNISA voltooi in 2015. Sedert 2013 gee ek Wiskunde by Laerskool Rooihuiskraal en ek het nog nooit teruggekyk nie.

Ek hou daarvan om groot te droom en wou nog altyd my eie besigheid ook hê, daarom het ek besluit om te belê in TjommE met SommE en onder leerders in Centurion ‘n liefde te kweek vir Wiskunde.

By TjommE met SommE in Centurion maak ons ‘n verskil.

Jeanne-Mari is ‘n mamma van 2 allermooiste woelwaters. Sy is ook die Departementshoof van Wiskunde by Rooihuiskraal waar sy skoolhou. Jeanne-Mari is n raakvatter wat kans sien vir groot uitdagings. Sy droom nie net nie, maar werk doelgerig daaraan om daardie drome te realiseer. Sy en haar span maak ‘n goot verskil om kinders by Rooihuiskraal lief te maak vir somme. – Nalize Boshoff, programontwikkelaar

  • 072 303 2549