Kontak ons by | Contact us at nalize.boshoff@gmail.com

Heloise van Tonder

Heloise van Tonder

Louis Trichardt

Louis Trichardt

Voorskool – Graad 3

Ek was van dag een af al deel van die TjommE- span.

Omdat ek self ‘n grondslagfase onderwyseres is, was ek reeds bewus van die leemte in die konkrete aanleer van Wiskundige konsepte  en metodes. Toe ek die geleentheid kry om ‘n verskil te maak in die verstaan van Wiskunde, het ek dit aangegryp.

Ek is nou al 10 jaar besig met TjommE met SommE klasse en is dit nog steeds vir my baie bevredigend om n kind wat nie verstaan nie, se gesiggie te sien ophelder, die oomblik wat hy snap. Dit is veral te danke aan een van die groot doelwitte van TjommE met SommE, naamlik om konkreet en met ‘n verskeidenheid apparate, Wiskunde aan kinders oor te dra.

TjommE met SommE bied ook aan begaafde kinders die geleentheid om meer te kan doen as wat in die klaskamer verwag word. Ek voel bevoorreg om deel van die span te wees en ‘n noemenswaardige verskil in kinders se lewens te maak.

Eenmaal ’n Tjom, altyd ‘n Tjom!

“Heloise was eers vriendin en daarna ook franchisee. Ons het saam skoolgehou op Louis Trichardt en daar het ek haar in aksie beleef as kreatiewe, toegewyde en geliefde juffrou vir die voorskoolfase. Sy is ‘n ervare juffrou wat moeiteloos dissipline kan handhaaf in ‘n meer speelse omgewing. Sy is veral oulik daarmee om die Tjommies se groot motoriese vaardighede te betrek op so ‘n manier dat hulle regtig dink hulle speel terwyl hulle eintlik Wiskunde leer.

Heloise is onmisbaar in hierdie besigheid. Sy het al menige Tjommie bemagtig om vreesloos die laerskool in te stap. Sy is intussen ook gekwalifiseer om grade 1-4 te hanteer, en sy doen dit met gemak.” – Nalize Boshoff, programontwikkelaar

  • 082 787 1145