Potchefstroom (Voorskool)
Voorskool
Ek is Estia Joubert. Ek is getroud en ‘n trotse mamma van drie pragtige kinders.
My passie is die opvoed, opbou en onderrig van kinders! Ek het aptekerswese studeer en het my internskap by Universitas Hospitaal voltooi. Daarna het ek my gemeenskapdiensjaar by Potchefstroom Hospitaal voltooi en het toe vir 6 jaar in medisyne registrasie gewerk.
In 2015 is my oudste dogter gebore. Ek het toe reeds besef dat my passie by vroeë kinderontwikkeling en onderrig lê! Ek was nou vir 4 jaar ‘n huismamma en met my oudste wat nou ook eksamen begin skryf het, het ek opnuut besef dat ‘n Wiskunde fondasie reg gelê moet word, anders is daar moeilikheid en dat die onderbou van die begin af reg moet wees om sodoende ook ‘n liefde vir Wiskunde te kweek.
Dit is vir hierdie rede dat ek met passie en trots aankondig dat ek die nuwe TjommE met SommE eienaar vir die Kleutergroep is. Ek sien uit om die pad saam met elke maatjie te stap en elke kind tot hulle volle potensiaal te ontwikkel.