Kontak ons by | Contact us at nalize.boshoff@gmail.com

Charne Nigrini

Charne Nigrini

Newcastle

Voorskool – Graad 6

Ons is twee sussies wat vir 10 jaar + saam by dieselfde skool skoolgegee het.

Ons het ‘n baie spesiale verhouding met mekaar en het besef dat ons saam so ‘n groot verskil in baie kindertjies se lewens en Wiskunde hartjies kan maak.

Ons het ‘n groot liefde vir kinders,skool gee en kinders help leer en verstaan. Dit is ongelooflik om te sien as daai “liggie” aankom en die verwondering in ‘n kind se oë wanneer hulle uiteindelik iets kan verstaan wat vir hulle so uitdagend was!

TjommE met SommE is net so uniek in die benadering tot leer – wonderlike verduidelikings en hulpbronne. Ons het die nodige kennis en beslis die passie om so baie kinders te help.

Ons is baie opgewonde om die pad te stap. Om met kinders te werk is so verrykend en nie net kan hulle van ons leer nie maar ook andersom.