Kontak ons by | Contact us at nalize.boshoff@gmail.com

Charlotte Steele

Charlotte Steele

Potgietersrus

Voorskool – Graad 3

Ek wou argitektuur by Tukkies gaan swot, maar het genadiglik na twee weke besef dat onderwys eintlik my passie is. Nadat ek my graad, B.PrimEd(pre-primêr), voltooi het, het ek saam my onderwyserman in Pretoria, Nelspruit en Pietersburg gewoon waar ek in die juniorfase, seniorfase, hoërskool en uiteindelik voorskool skoolgehou het. Ek het my honneurs in kleinkindontwikkeling deur UNISA voltooi. My seun, Jacques, wat vir Nalize getutor het, het my aan TjommE met SommE voorgestel. Sy woorde was: “Mamma sal daarvan hou” en duidelik ken hy sy ma.

Die een-tot-een en kleingroepwerk is vir my die toppunt van onderrig. Daar is gemaklike kommunikasie tussen my en my ouers. Hulle stuur ‘n foto van ‘n probleem en ons oefen dit in die volgende les.

In die kleiner groep deel ons nie net oplossings vir somme nie, maar  ook mekaar se harte.

“Charlotte en haar skoolhoof-man Jimmy Steele was saam met ons op Tuks en op Sonop toere. Jimmy het diep spore getrap by PHS en is deesdae hoof by Piet Potgieter terwyl Charlotte haar eie kleuterskool in Pietersburg bedryf het. Charlotte se sterk punt lê by die kleintjies. Sy het die fynste aanslag met die peuters, kleuters en vroeë laerskoolleerders. Sy is ‘n gebore juffrou.” – Nalize Boshoff, programontwikkelaar

  • 083 289 3539